Tree ANC nou soos koloniale mag op? – OG-verslag – Herman Toerien

Opsomming

Dit lyk of ’n kombinasie van ’n regering met komplekse wetgewing en ’n poging om op munisipale vlak Robin Hood te speel, op grondvlak sleg uit die bus val. Dit word deur ’n kriminele element wat polities beskerm word, nie net oor munisipale grense nie, maar op die wisselvlak na provinsiale regerings verskans. Dit lewer rillerverslae van die ouditeur-generaal op, wat terloops kla dat van sy personeel gedreig word om gunstige verslae uit te bring.

 

In ’n stadium het die ANC graag hoog opgegee oor hoe hy die Wes-Kaap, die enigste provinsie nie in ANC-beheer nie, van die DA gaan “bevry.” Omgekeerd was die ANC woedend toe uit DA-geledere kwalik gefluister is dat die duisende mense wat jaarliks uit die Oos-Kaap na die Wes-Kaap migreer, “ekonomiese vlugtelinge” is. Dit het eenvoudig nie gepas by die ANC se “goeie storie” wat gereeld voor verkiesings opgedis is nie.

Maar wat word deur die ouditeur-generaal se jongste verslag oor die hoofsaaklike finansiële stand van munisipaliteite gespreek?

Wouter Wessels, woordvoerder van die Vryheidsfront Plus, som dit so op: “Die OG het vanoggend bevestig dat Suid-Afrikaanse munisipaliteite hulself in ’n donker landskap bevind met onreëlmatige uitgawes wat landswyd na R28,3 miljard (vanaf R 16.2 miljard in 2015/2016) toegeneem het.

128 Munisipaliteite regoor die land is volgens nasionale tesourie in erge finansiële verknorsing, terwyl slegs 7% van munisipaliteite skoon ouditmenings ontvang het.”

Tensy die ANC aan rillers verslaaf is, is dit geen goeie storie nie – al jare nie – maar dit raak al erger. Die Oos-Kaap met sy potensiaal vir welvaart, vaar die swakste, en die eertydse modelrepubliek, die Vrystaat, die tweede swakste. Hulle tel onder die provinsies waar nie ’n enkele munisipaliteit ’n skoon ouditverslag kon kry nie. Twee Vrystaatse munisipaliteite het die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Welkom, Virginia en Hennenman) en die Mangaung-metro munisipaliteit (Bloemfontein, Dewetsdorp, Wepener en Vanstadensrus) onderskeidelik die twee top-posisies vir ongemagtigde uitgawes of oorbesteding in die land beklee.

In wat nou reeds as die gepaste woordrykheid van die Vrystaatse LPW van die Vryheidsfront bekend geword het, sê Tammy Wessels dat die toedrag van sake in die Vrystaat die gevolg is van optrede wat klassiek ooreenstem met dié van ’n koloniale mag met ’n tipiese stropersmentaliteit.

Die DA eis dat die nuwe minister van samewerkende regering, Zweli Mkhize, dringend hulppakette vir die 83 swakste munisipaliteite moet instel.

Die feit is dat daar lank reeds ’n blinde kol is wat die ANC en sy beskouinge oor swak munisipaliteite betref. Elke jaar is daar in die parlement ’n opfladdering van ontsteltenis (gewoonlik aangevuur deur opposisiepartye) en deels gedeel vanuit regeringsbanke, maar meestal ’n kopsku-houding om die slegte nuus “af te skaal” of te laat verdwyn. Op munisipale vlak is direktiewe van onder meer die minister van finansies vir sesse geslaan en lustig voortgegaan om byvoorbeeld die verbod op luukse motors in die wind te slaan. Sprekend was dat van Pravin Gordhan, toe minister van munisipale en tradisionele sake, geskryf is dat hy “moeg” was na ’n rillertermyn in dié potertefeulje na Zuma hom skynbaar as straf uit die uiters moeilike portefeulje van finansies geskuif het.

Miljoene rande word jaarliks deur munisipaliteite aan konsultante bestee (om leemtes met die kwaliteit aanstellings van onbevoegde amptenare ongedaan te probeer maak) maar as ’n reël duik dié munisipaliteit net so lekker in die hek. Dit dui op onbevoegde politieke inmenging wat aan kwaadwilligheid grens, korrupsie met die aanstelling van die konsultante, of bloot swak oordeel by die keuses van aanstellings. Ook munisipaliteite wat onder administrasie geplaas word neig om lustig saam in die kreeftegang af te dryf.

Dit is ook so dat wetgewing moontlik so kompleks en gevorder geraak het, dat dit ’n kleinerige munisipaliteit wat nie ruim aan hoogsgekwalifiseerde amptenare kan spandeer nie, sal versmoor – ’n noot wat al meer uit die kabinet gehoor word van goeie wetgewing maar swak uitvoering. In die verlede is al baie aan indiensopleiding (en waarskynlik meer aan die vervoer, luukse verblyf, spyseniering ens tydens die ekskursies) spandeer.

Befondsing van sentrale regeringsvlak is goedbedoeld, maar miljarde rande van dié fondse gaan jaarliks terug na die staatskas omdat dit nie spandeer word nie – volgens ’n kenner omdat die voorwaardes vir gebruik (byvoorbeeld vir infrastruktuur) so kompleks is dat dit liefs ongebruik word, wat iemand in die sop kan laat beland weens die (onbedoelde) wanaanwending daarvan.

Die regering se beleid van gratis munisipale dienste veroorsaak weens die hoë werloosheidskoers ’n bydraende krisis, en in ’n plek soos Soweto waar wanbetalings en kragdiefstal ’n lewenswyse geword het, gaan draai gepoogde owerheidsoptrede by burgeroorloë.

Die refrein uit opposisiegeledere bly egter dieselfde – besliste optrede teen kriminaliteit, onbevoegdheid en wangedrag in munisipaliteite word te selde duidelik en sigbaar aan die klok gehang om besliste optrede en wil van die regering te demonstreer, en het bitter min afskrikwaarde.

Wanneer politici (dikwels deur hul seuns en ander familielede) eers tenderpreneurs word en die instansie se tenderinstelling straffeloos soos ’n eie besitting begin regeer, is dit dikwels nie net die munisipaliteite wat bontstaan nie, maar provinsies self wat genadeloos gemelk word maar al hoe swakker infrastruktuur oplewer. In die Vrystaat is byvoorbeeld ’n klag gelê oor meer as R600 miljoen wat deur die destyds LUR vir huisvesting, Zwane, blitsig aan kontrakteurs laat oorbetaal is sodat dit nie aan die einde van die boekjaar verval en na die staatskas terugval nie. Na berig is het tot Haludi Motsoeneng en ’n minister se vrou daarby baat gevind. Bykans, of heeltemal dadels, het van die bedoelde aanwending van dié geld gekom.

Om weer behoorlik doeltreffende funksionerende munisipaliteite te kry, beteken omvattende holistiese optrede, maar ’n skerp fokus teen misdadigheid sal ’n goeie begin wees.

Maar 2019 en ’n verkiesing waar die band tussen munisipale oproer en dienslewering by die stembus gemeet gaan word, lê eenvoudig te na aan die deur – in elk geval vir die ANC se vermoë om die regte ding te doen. Dan is daar nog sterk sprake van ’n vervroegde verkiesing (op aandrang van leiers binne die ANC).

Dit verhoog eenvoudig die gevaar van ’n neiging wat politieke wetenskaplikes lank voor 1994 genoem maar in politieke inkorrektheid verval het – wanneer die nie meer help om die vorige bedeling te blameer nie, word ander geelwortels soos grondbesit voorgehou. Mens wat die blaam kan dra, soos die opwarming van rassisme word uitgesoek en uit die hoofstroom geïsoleer sodat hulle makliker geteiken kan word. Die gees van bestaande wetgewing en selfs die grondwet, word verdraai en erg vermink voorgestel, soos nou met artikel 25 van die grondwet gemaak word.

Dan gaan iemand kwalik bemerk dat daar nog ’n kleinerige munisipaliteit of twee oproer beleef. Dit raak net te alledaags en versmelt in kwessies soos busstakings

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*