HOENDERFRIKKADELLETJIES

HOENDERFRIKKADELLETJIES Olie 1 Ui, gerasper 740ml (3k) hoendermaalvleis 5ml (1t) vars pietersielie, gekap Knypie rooipeper Knypie knoffelsout 250ml (1k) gaar aartappel, fyngemaak 60ml (4 e) koekmeel 1 eier, geklits 375ml (1-1/2 k) droe broodkrummels Genoeg olie vir diepvetbraai Verhit bietjie olie en soteer UI vir 3 minute. Voeg maalvleis by en soteer tot gaar. Verwyder van hitte. Roer pietersielie, peper, knoffelsout en aartappel by. Vorm happiegrootte bolletjies in handpalm. Rol in koekmeel, Dan in eier en Dan in broodkrummels. Braai tot goudbruin aan buitekant in genoeg olie. Sit op kombuispapier om van oortollige olie ontslae te raak. Sit louwarm of koud saam met doopsous voor.
DEUR: YOLANDA MILLS




Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply