PIESANG-WORTELKOEK

PIESANG-WORTELKOEK
BESTANDDELE: 250 ml suiker 250 ml olie 3 eiers 375 ml koekmeelblom 10 ml bakpoeier 10 ml kaneel 5 ml koeksoda 250 ml piesangmoes (4 – 6 groot piesangs) 250 ml grof gerasperde wortels (125 gram gerasper)
METODE: Voorverhit oond op 180°C. Room die suiker, olie en eiers saam. Sif koekmeelblom, bakpoeier, kaneel en koeksoda saam. Roer by eiermengsel. Voeg piesangmoes by en Dan die wortels. Meng goed en skep in panne. Bak 35 – 40 minute.
VERSIERSEL: 100 ml margarien 375 versiersuiker 100 ml roomkaas 5 ml vanielje geursel Meng alles saam en smeer oor koek WENK: EK VERVANG DIE OLIE IN DIE KOEK MET GESMELTE BOTTER/MARGARINE Magda van Wyk





Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply