VINNIGE KORSLOSE SOUTTERT

VINNIGE KORSLOSE SOUTTERT
As jou tyd min en jou huismense honger is, is hierdie resep net die ding! Vinnig en maklik
■ 30 ml olie ■ 1 UI, gekap ■ 125 g sampioene, gesnipper ■ 125 g geurige kouevleis, soos salami, gaar spekvleis of gerookte ham, gesnipper ■ 250 ml gerasperde cheddarkaas ■ 1 wiel fetakaas, gekrummel ■ 30 ml fyngekapte pietersielie ■ 80 ml bruismeel ■ Sout en swartpeper na smaak ■ 4 eiers, geklits ■ 375 ml melk
Voorverhit die oond tot 190 grade C en smeer ’n middelslag-tertbord. Verhit die olie en braai die uie en sampioene tot gaar. Laat effens afkoel en roer die kouevleis, kase en pietersielie by. Sprinkel die meel, sout en peper oor en roer deur. Klits die eiers en melk saam en voeg by. Roer tot goed gemeng. Giet egalig in die voorbereide oondbak en bak vir ongeveer 30 minute, tot die tert ferm en goudbruin is. Laat effens afkoel en sit voor met ’n mengelslaai. Lewer agt porsies.





Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply