Teen-bende Eenheid arresteer eie lede

Teen-bende Eenheid arresteer eie lede
Skaars vier weke na die president van die land, Cyril Ramaphosa, die polisie se Teen-Bende eenheid in die Wes-Kaap aangekondig het, het die eerste interne vonk gespat.
Twee van sy eie lede is in hegtenis geneem op klagtes van diefstal.
Die twee lede het tydens ‘n klopjag op ‘n huis in Mitchells Plein hulself gehelp aan kontant van die inwoner.
Hulle het daarna die klaer genader om die saak terug te trek met die belofte om die geld terug te gee, wat volgens meningsvormers weereens n daad van korrupsie is.
Die inhegtenisname moet volgens die Wes-Kaapse polisie kommissaris, ‘n “streng” waarskuwing wees aan lede van die eenheid dat misdaad nie betaal nie.
Foto: ter illustrasie
Bron: Die Vryburger

Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply