Nuuskommentaar: Dit kan, nee, mag nie so aangaan nie. VF+ se ope brief tref die kol deur Herman Toerien

Opsomming

Dreigende en werklike hofsake, wrede aanvalle op bekendes, korrupsie wat selfs ervare waarnemers oor die omvang en vernuf daarvan die kop laat skud, aanduidings van ’n nuwe wêreldorde, fopnuus en ontkennings wat met mekaar meeding, ministers wat twak met ontstellende komplikasies kwytraak, interne stryde binne die ANC wat kort-kort die pot op die plaat se deksel al sissend lig … waar moet die kommentator en analis vat of los? Want weens die Covid-19-pandemie neem advertensies af, en koerante raak al dunner met al hoe minder plasingsruimte, met die sosiale media wat al hoe meer aan nuusbehoeftes moet voldoen, met weer al hoe meer ruimte wat benodig word om skadelike wolhaarstories te ontken. En baie mense wat onder die omstandighede besonder vatbaar hiervoor blyk te wees.

 

Vanoggend is by uitstek ’n geleentheid waar belangrike nuuswaardighede hand opsteek om aandag te trek. In België het die premier ’n dinktenk aangestel om kundigheid oor ’n wyer spektrum in te trek om die regering te adviseer oor die bestuur van die pandemie – en veral die ontknoping van die verstikkende bekampingsmaatreëls. Dit kan kwalik met die Suid-Afrikaanse “Command Centre” vergelyk word wat met ’n soortgelyke doel ingestel is, en al verskeie vrae ontlok het soos of die land dan onder krygswet verkeer, of ’n staatsgreep in aksie ervaar.

’n Ope brief van adv Anton Alberts, nasionale voorsitter van die Vryheidsfront Plus, aan die Gautengse premier oor die voorgenome sentralisering van hulp aan noodbehoewendes kom ook vanoggend onder die vergrootglas wanneer die twee here ’n videokonferensie voer. Die gesprek het groter empitus gekry deurdat die VF Plus gister ook ’n ondersoek aangevra het oor die aflewering van talle kospakkies by die huis van die adjunk-speaker van Mpumalanga se huis. Dit is glo in die geheim afgelewer. So lank antwoorde hieroor uitbly is dit onmoontlik om aan verduidelikings te dink wat nie op korrupsie neerkom nie.  Die VF Plus het ook ’n fonds gestig om die skadelike uitwerking van SEB teen te werk.

Adv Alberts se ope brief is te wydlopend om breedvoerig uit aan te haal. Die diplomatiese taalgebruik het egter reeds sekere positiewe uitkomste opgelewer toe Makhura laat weet het dat hy in ’n samewerkingsooreenkoms met  ’n NRO, en die middelgrond met Solidariteit se Helpende Hand belangstel.

Alberts het die probleem soos volg gestel, maar klokhelder duidelik op die gevare van die moontlike uitkomste gewys: “This guideline presents a number of problems with regard to getting aid expeditiously to beneficiaries who are in dire need. The need for food assistance is growing exponentially while conversely the ability of the Gauteng government to provide such assistance continuously just in time is decreasing. This disjoint between the need and ability to meet it is of grave concern from both a humanitarian and security perspective. Communities are growing restless as the pangs of hunger continues to grow. Under such circumstances people will do anything to survive.

“The introduction of new bureaucratic hoops to jump through for aid organisations in the form of authorisation letters only serves to exacerbate the situation of the delivery of food before a community takes the law into their own hands. Given the scope of the need in Gauteng – the poor and homeless now joined by the middle class – it is an impossibility for the Gauteng government to ensure distribution to all those in need. The ability of the government to effectively process authorisation letters with due haste is also a great matter of concern. Furthermore, there is not clarity whether the guidelines also endeavours to pull individual donors and givers into its orbit.”

U kan by hierdie skakel na die premier se terugvoer luister. Die Premier is sowat driekwart deur die band aan die woord.

Dit sou die natuurlikste ding ter wêreld wees dat onder die spanning van ’n pandemie, en sekere bedenklike karakters wat juis nou hul magstryd-posisies op die skaakbord probeer verstewig, om vuur met reuse vlamwerpers te beantwoord.

Maar gaan dit enige positiewe gevolge hê? ’n Sagte woord keer immers die grimmigheid af – woorde wat klaarblyklik vir Makhura werk, maar nie so goed vir Lesufi nie.

Ons dink vanoggend is besonder aan Barry Claasen, afgetrede nuusredakteur van die SAUK in Bloemfontein wat besonder wreed aangeval en kritiek beseer is, en prof. André Duvenhage, politieke ontleder by die NWU se Potchefstroomse kampus wat tydens ’n gepoogde huisroof met ’n mes ernstig in die arm beseer is. Ons bid u beide ’n spoedige herstel toe.

 

 

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*