Nuuskommentaar: Is daar nog plek vir positiewe denke in die Kerskous? deur Herman Toerien

Opsomming

’n Ou tradisie in baie dele van die wêreld is om so tussen Kersfees en Nuwejaar  ’n lysie nuwejaarswense, of selfs net een wens, “aan te neem”. Dié wenslys is gewoonlik op elkeen wat meedoen se eie persepsie van die werklikheid gebaseer, of te wel elkeen se eie narratief van hoe werklike en vals feite die werklikheid aan die persoon voorhou. Die mens neig immers om te reageer op sy persepsie van die werklikheid eerder as die werklikheid self.

Die uiteenlopende uitkomste wat verskillende voorkeure en vertolkings bring, vind in die werklikheid neerslag. Van vreedsame oplossings, tot mistastings wat tot oorloë kan lei. Hier in die 80’s het ’n matriekulant by ’n KJA gesê dat al die land se probleme sal verdwyn as apartheid net afgeskaf word. ’n Paar dekades later, met ’n nuwe regering, het van die vernaamste Afrikaanse kerke ’n verootmoedigende gebedsdag gehou. Die “wenslyste” van die susterskerke het die werklikhede waaronder die Afrikaners die na-apartheids-, of liefs, nieu-apartheidswerklikhede moes trotseer, gereflekteer. Die land het byvoorbeeld onder ’n erge droogte gebuk gegaan, plaasaanvalle het al meer ooreenkomste met landelike terreur begin toon, infrastruktuur het in sekere dele van die land so in duie gestort dat produkte nie meer die markte kon bereik nie, soos onder andere in die Molopo-gebied. Riviere het al erger besoedel geraak…

En een van die susterkerke, die Hervormde Kerk (NHK in Afrika) het ’n eina-hou geplant met een van sy bydraes tot die lys … om te bid vir die baie mense wat soos vreemdelinge in hul eie land voel.

Die era van fopnuus het ’n belangrike rol gespeel om die werklikheidspersepsies so uiteenlopend te beskou. Briewekolomme en ander geriewe vir leserskommentare is seker van die belangrikste plekke waar ’n mens kan sien hoe menings verskil. Baie deelnemers aarsel nie om kruiwaens vol vitrioel na die slagveld saam te sleep nie. Die verstommendste is om te lees wat baie mense bereid is om te glo, en baie, baie sterk vir hierdie werklikheidswaarneming in die bresse sal tree. Dis onnodig om dit te lys, want dit is aan iedereen wat ’n bietjie in aktualiteit belangstel goed bekend wat alles onder die twispunte tel. Iemand moet werklik volstruismaniere aan die dag lê om nie hiervan te weet nie, maar die vragte onaantreklike werklikhede wat elke dag op die publiek opgedis word lei ook tot onttrekkingsimptone.

Die twiste kom op feitlik elke lewensterrein voor, van die verstaan van die Bybel, kerklike leer, godsdienspolitiek, persepsies oor taal soos dat die een deskundige stuk navorsing bewys moedertaalonderrig is die beste, is daar ’n persepsie by baie ouers dat daar meer voordele in Engelse onderrig steek. Die land het die afgelope paar jaar ’n paar rassisme-gekontamineerde hofsake beleef wat oor verskillende mense se persepsies oor die erns van plaasbetredings handel.  Sommige narratiewe erken min of selfs geen voortvloeisels oor boere se voortvloeiende regte op hul eiedomsreg nie, terwyl die boere dit baie ernstig moet opneem om nie slagoffers te wees van onder meer veediefstal, wilddiefstal, gewas- en implement-diefstal nie. Veldbrande het dikwels hul oorsprong by betreders, en miljoene rande se skade kan in die proses aangerig word.

Baie konflikte en oorloë kan na historiese, maar uiteenlopende historiese narratiewe teruggevoer word, soos dié tussen die Tigray en Eritrea, wat histories kompleks verweef is, met Ethiopië se eie persepsies van hoe sake inmekaar steek, en die grootste groep, die Oromo’s wat tradisioneel nie veel insette in oplossings gegun is nie.  Dieselfde geld die tradisionele konflik tussen Armenië en Azerbeidjan.

In die VSA is die Trump-era voorafgegaan deur ’n periode waar politieke verskille van gesonde mededinging oorgegaan het in politieke vyandskap, wat nou hare op die tande gaan verg om opgelos te word. Die Amerikaanse peilingsagentskap, Rasmussen, wat neig om die Republikeine goedsgesind te wees, som die situasie soos volg op: “Americans are still confident about where the country is headed, but Democrats are a lot more optimistic than others that the best is still to come.

A new Rasmussen Reports national telephone and online survey finds that 47% of Likely U.S. Voters think America’s best days still lie in the future. Thirty-three percent (33%) disagree and say America’s best days are in the past. Twenty percent (20%) are not sure. This is virtually identical to findings in early May as the coronavirus lockdown began to take hold. (To see survey question wording, click here.)

In January before the coronavirus hit, 50% said America’s best days are in the future, down from an all-time high of 54% in April of last year. Prior to the last couple years, however, the number of voters who felt America’s best days were in the future ran in only the mid- to upper 30s in most regular surveys since November 2006.As recently as May 2017, 52% thought America’s best days were in the past.” (Lees volledige verslag hier.) (Lees gerus ook oor die webinaar van The Conversation oor oor hoe godsdiens en politiek mekaar onder ‘n Biden-bewind mekaar gaan beïnvloed in The Conversation [ us.newsletter@theconversation.com ] . Almal is welkom.

Met meningsvormers soos Julius Malema, Milner Lesufi, Ace Magashule, pres. Cyril Ramaphosa (Plaasaanvalle in SA wat nie bestaan nie, maar “indringers wat Natal sou ingeval het om die swart mense se vee en grond te gaan steel”)  wat almal ’n greep op die kristalbal beet het, en dikwels laat klink hulle het iets wat mens laat dink of hy yl of dronkmens-praatjies maak, is ’n vreedsame naasbestaan maar ’n taai toffie om te kou.

 

 

Be the first to comment

Leave a Reply