BROS VLAKOEKIES

BROS VLAKOEKIES 125g sagte margarien of botter 100ml versiersuiker 50ml vlapoeier 250ml koekmeelblom 1ml vanieljegeursel Roer die versiersuiker en vlapoeier saam met margarien. Roer vanieljegeursel ook by. Voeg die koekmeelblom by en knie dit met die hande tot dit een gladde stuk deeg vorm. Druk die deeg in die pan vas en maak dit Bo-op gelyk met ‘n slaplemmes. Druk gaatjies in die deeg met ‘n vurk. Bak 20 minute lank teen 180 grade. Verwyder uit oond met vatlappies en plaas dit op werkplankie. Sny dit in ongeveer 20 blokkies met die mes. Laat dit afkoel. Lig die koekies met die mes uit die pan en rangskik hulle op ‘n bord Deur: Yolanda Mills




Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply