OUTYDSE SPESERYKOEKIES

OUTYDSE SPESERYKOEKIES 425g banketmeelblom 3 ml sout 3 ml koeksoda 5 ml fyn kaneel 3 ml fyn naeltjies 200g karamelbruinsuiker 125g botter 1 eier (geklits) 90 ml sjerrie of port 5 ml lemoenskil, gerasper Neute vir versiering Sif meel, sout, koeksoda, kaneel, naeltjies en suiker saam. Vryf botter in. Voeg eier, sjerrie en skil by. Bedek deeg en laat ongeveer 1 uur lank staan. Rol deeg uit tot 3mm dikte. Druk ronde koekies uit. Druk ‘n neut in die middel van elke koekie vas. Plaas op ‘n gesmeerde bakplaat. Bak ongeveer 15 Minute lank in voorverhitte oond by 200ºC.
 




Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply