
Bestanddele 1 kg skaapnek 2 uie, gekerf 500 ml Griekse joghurt 2 eetlepels tamatiesous 2 eetlepels blatjang 2 eetlepels kerrie 1 eetlepel borrie 2 eetlepels appelkooskonfyt Metode Braai skaapnek en uie in ‘n groot kastrol. Meng die res van die bestanddele, behalwe die konfyt, en voeg dit by die pot sodra die nek en uie bruin is. Laat dit stadig prut met die deksel op totdat dit gaar is. Voeg die konfyt in die laaste 10 minute by. Maak seker dat dit nie aanbrand nie. Bedien op rys.
Please follow and like us:
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.