ROOI FLUWEELKOEK

ROOI FLUWEELKOEK Koek: 100g botter 350g suiker 2 eiers 75 ml kakao 30 ml kookwater 2 bottels (30ml elk) voedsel kleursel 520 ml koekmeelblom 5 ml sout 250 ml karringmelk 5 ml vanielje geursel 5 ml koeksoda 5 ml witasyn Voorverhit die oond tot 180ºC. Smeer twee 20cm losboomkoekpanne met margarien. Verroom die Botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg die eiers een vir een by en klits na elke byvoeging. Meng Die kakao, kookwater en voedselkleursel saam om ‘n stywe pasta te vorm. Voeg by die botter mengsel En meng. Sif die koekmeelblim en sout saam. Meng ook die karringmelk en vanielje geursel saam. Voeg om die beurt met die droë bestanddele by die bottermengsel. Meng laastens die koeksoda en Asyn saam en voeg by die mengsel. Meng goed. Verdeel die mengsel in twee gelyke dele en skep in Die voorbereide koekpanne. Bak sowat 30 minute lank of totdat pen skoon uit die middel van die koek Kom. Versiersel: 250 ml melk 90 ml koekmeelblom 275 ml suiker 250 ml botter 5 ml vanielje geursel sjokolade-vermicelli om Bo-oor te strooi Voeg ‘n bietjie van die melk by die koekmeelblom en meng tot ‘n gladde pasta Bring die res van die Melk saam met die suiker tot kookpunt. Roer gedurig. Voeg ‘n bietjie van die warm melk by die Meelpasta en meng goed. Voeg by die warm melk en kook oor lae hitte tot gaar en dik. Roer gedurig. Verroom die botter tot sag. Voeg die vanielje geursel by. Giet die melkmengsel by en klits totdat dit lyk Soos styfgeklopte room. Koel af. Smeer ‘n bietjie van die versiersel op 1 koeklaag en plaas die ander Koeklaag Bo-op. Versier die koek met die res van die versiersel. Strooi ‘n bietjie vermicelli Bo-oor.





Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply