GEVLEKTE VIS MET ROOI MARINADE

——– Forwarded Message ——–

Marineer die vis die vorige dag.
Bestandele
1 heel vis, sowat 1-2 kg (engelvis, kabeljou of geelbek) gegeurde seesout vars gemaalde swartpeper ROOI MARINADE: gegeurde seesout     7.5ml rooipeper 15ml paprika     7.5ml vars gemaalde swartpeper 1 brandrissie, fyn gekerf met pitte     6 knoffelhuisies, gekneus 125ml olyf- of kanola-olie
Aanwysings
Meng al die marinadebestanddele om ‘n olierige pasta te vorm. Maak dit vooraf sodat die geure kan ontwikkel. Vlek die vis aan die rugkant oop soos ‘n skoenlapper, verwyder die ruggraat, maar hou die vel, kop en stert aan as ‘n groot rooster gebruik word. Kerf ‘n diamantpatroon in die vel om te voorkom dat dit in die braaiproses opkrul. Geur die vis en laat staan in die yskas om ferm te word. Gebruik ‘n smeerkwas om die vis aan albei kante mildelik met die marinade te verf.
Klamp die vis in ‘n rooster vas. Braai sowat 7-10 minute aan die vleiskant tot mooi bruin. Draai die vis om en braai sowat 7-10 minute aan die velkant tot deurgaar. Toets deur ‘n vurk in die dikste deel te steek die vleis sal wit wees en net begin vlok. Sit voor saam met knoffelbrood en slaaie.
Met liefde saamgestel deur Anna Eksteen
foto: Pixabay

Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply