TANT FRIKA SE SKAAPSKENKELS IN DIE OOND GEBAK

TANT FRIKA SE SKAAPSKENKELS IN DIE OOND GEBAK 6 skaapskenkels (opgesaagde skenkels werk ook, maar dit is baie lekkerder as elkeen sy eie skenkel Kry) Marinade: 3 groot uie fyn gesny ½ koppie blatjang ½ teelepel fyn gemmer 2 huisies knoffel, fyn gekap 12.5 ml heuning ½ koppie bruin asyn ½ koppie tamatiesous 25 ml appelkooskonfyt 1 blokkie biefekstrak 5 ml mosterdpoeier ‘n Knypie fyn naeltjies, neutmuskaat en tiemie Sout en peper na smaak 25 ml sjerrie Braai die uie en knoffel in ‘n Klein bietjie olie tot sag en voeg die ander bestanddele by. Prut stadig vir Sowat ‘n halfuur en roer. Plaas die skenkels in ‘n oondbak en giet die marinade Bo-oor. Maak die bak Toe en Los oornag in ‘n oond gestel op 100ºC. Voor opdiening, bedruip weer en plaas vir 20 minute oop In ‘n baie warm oond 220ºC. Draai ná tien minute en bedruip weer.  




Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply