Kunstenaar Muur van Herhinnering

Kunstenaar Muur van Herhinnering

Ons mag hulle nooit te vergeet nie

Klik HIER om weer te Luister

Christa Steyn

Christa Steyn, gebore Christina Maria Schutte, (15 Junie 1958 in Krugersdorp – 11 Junie 2012 in Pretoria) was ‘n komponis, pianis en Afrikaansesangeres wat bekend is vir haar werk saam met Jannie du Toit (onder andere as Jannie en die Tannie).  Haar verwerkings het verskeie kunstenaars help vestig, onder andere Anneli van Rooyen, Karin Hougaard en Jan de Wet.

Biografie

Christa Steyn het by haar ma, Myra Schutte, geleer om klavier te bespeel. In 1962 op vier-jarige ouderdom begelei sy reeds haar kleuterskool se koortjie wat Die Oukraalliedjie sing sonder dat haar ma daarvan weet.

Sy studeer musiek by die PU vir CHO en begin met klavierlesse by prof. Pieter de Villiers. Sy sukkel aanvanklik met musiekteorie, maar slaag haar teorie-eksamen in 1972 met lof.

In 1973 wen sy die Collegium Musicum-kompetisie vir 3 agtereenvolgende jare. In 1981 word haar eerste ses liedjies (as solo sanger) opgeneem, onder ander Eerste Liefde en Bly By My. In 1982 en 1984 wen sy Crescendo se komposisie-afdelings. In 1986 verskyn haar eerste plaat, Aan Die Einde Van Die Reënboog.

In 1988 word sy as musiekregisseur van Crescendo aangestel waar sy diens doen tot 1993. In 1991 word sy aangestel as die kursusleier van die ATKV se Ligteliedjiewerk-skool tot 2000. In 2004 word sy deur die ATKV aangewys as die Afrikaanse Liedjieskrywer van die jaar.

Vanaf 1986 werk sy vir 25 jaar as pianis en mede-kunstenaar saam met Jannie du Toit op die verhoog, in ateljees en as mede-skrywer van liedjies. Hulle besoek saam 25 lande en tree in 21 van die lande op. Hulle gewildste verhoogproduksies sluit in Blik en Snaar (1986), Skadu’s teen die muur (1992), De Kleine Man (1994v en 2000), Musiek en Repliek – Klas van ’79 (saam met Lucas Maree – 1999), Nagkantoor saam met ‘n verskeidenheid ander kunstenaars onder regié van Sandra Prinsloo en met ‘n teks van PG du Plessis – 2004), Jannie en die Tannie (2006), Hartsnaar (saam met haar seun Douw Steyn, Mariëtte Galjaard en Werner Spies – 2008), Houtkruis (saam met verskillende kunstenaars – 2008) Brel in Brooklyn (saam met Laurika Rauch en Sergio Zampolli 2010)

Christa is op 11 Junie 2012 oorlede nadat sy ’n lang stryd teen kanker verloor het.

Diskografie

  • Jannie en die Tannie, Twee Musikante – 20 Jaar DVD, 2005/2006 SELECT
  • My Treffers, 2004 EMI
  • Christa speel die “oldies”, 2002
  • Rondo, 1999 ANZ/JNS
  • Baroque for Babies, 1997/1999
  • Strykers vir Snuiters kompilasie, 1996/1998 EMI
  • Christa speel die Meesters, 1996 JNS
  • Burlesque, 1994 JNS
  • Spirit of Ecstasy, 1989 JNS/BRIGADIERS
  • Christa Steyn TC/LP, 1987 VENUS
  • Neem My Hand My Vriend / Dapper Vrou 7″, 198? VENUS
  • Aan Die Einde Van Die Reënboog TC/LP, 1986:

Bron: Wikipedia

Gè Korsten

Gè Korsten is op 6 Desember 1927 in Rotterdam, Nederland gebore. Hy was die jongste van agt kinders en het in 1936 as negejarige seun saam met sy ouers na Suid-Afrika geëmigreer. Die immigrantegesin het hulle in Johannesburg-Noord gevestig waar Gé gematrikuleer het aan die latere Highlands North Boys’ High School, wat destyds gemeng was. Hy het sy loopbaan as operasanger begin en was reeds op 20-jarige ouderdom lid van die SAUK se kore. Hy het in 1952 stemopleiding ontvang aan die South African College of Music in Kaapstad onder leiding van Adelheid Armhold.

Op 5 Januarie 1952 trou hy in die NG kerk Johannesburg-Noord met Elna Burger, dogter van ds. Attie Burger, wat ook die huweliksbevestiging waarneem. Gé se pa, Kor Korsten, was die bouaannemer van die kerkgebou by Oaklandslaan 17, Norwood, waarvan Elna se pa die hoeksteen op 17 Junie 1950 gelê het en wat op 18 Februarie 1951 ingewy is. Sy is op Maandag 26 Maart 2012 in George oorlede in die ouderdom van 81 jaar.

In 1955 het hy na Pretoria verhuis waar hy verdere opleiding onder leiding van Albrecht Lewald ontvang het. Hy was in dieselfde jaar ook een van die stigterslede van die Pretoria-operagroep. Sy operadebuut maak hy in 1956 as Canio in Pagliacci. In 1962 word ‘n oorsese studiebeurs aan hom toegeken waarna hy in 1963 in Europa onder Judith Hellwig verdere opleiding ontvang en ook die geleentheid kry om in operas in Europese stede soos Wene en München op te tree. Hy het vir ‘n tyd lank ook in Pretoria ‘n elektriese kontrakonderneming besit, maar het sy belang in die onderneming in 1970 verkoop om sy tyd voltyds aan musiek te wy. In 1976 het hy die Nederburgprys vir Opera ontvang vir sy hoofrol in Andrea Chénier.

Korsten het in 1965 sy betrokkenheid by ligte musiek begin toe hy sy eerste langspeelplaat Gé Korsten Sing uit die Hart uitgereik het. In 1966 het hy nog vier langspeelplate uitgereik. Sy rolprentdebuut maak hy in 1967 in Kruger Miljoene. Later daardie jaar vertolk hy ook die hoofrol in die baie gewilde fliek Hoor My Lied, ook met Min Shaw en Lindie Roux. Die klankbaan vir hierdie fliek het aan Korsten ‘n goue plaat besorg. Drie ander rolprente het gevolg:

  • Lied in My Hartmet Mitsi Stander, Min Shaw en Nellie du Toit as gassterre (1969)
  • A New Lifesaam met Leonore Veenemans (1970)
  • Lokval in Venesiëmet Dianne Ridler (1972)

Korsten het nege goue plate agter sy naam gehad. Hy het tydens sy loopbaan, wat oor 40 jaar gestrek het, 58 albums opgeneem. Hy het ses Sarie-toekennings ontvang en in 1979 ‘n Artestoekenning vir sy TV-program Gé Sing. Hy het ook die rol van Walt Vorster in die sepie Egoli gespeel. In 1985 is hy as hoofdirekteur van Kruik in Kaapstad aangestel en het die pos tot in 1989 beklee. Hy het vermoedelik kanker gehad en het in 1999 selfmoord gepleeg. Die Korsten-egpaar het vyf kinders gehad, onder wie die dirigent Gerard Korsten. Ten tyde van Elna se dood in 2012 was daar 13 kleinkinders.

Korsten is op 3 Mei 2008 tydens die 14de Suid-Afrikaanse Musiektoekennings vereer vir ‘n leeftyd se bydrae tot plaaslike musiek.

Diskografie

Korsten se albums:

  • Diamante Versameling – 3CD Super Boksie, 2010 EMI
  • Love Songs 2CD, 2008 GALLO
  • Afrikaanse Goue Stemme, 2008 EMI
  • Rina & Gé / Gé se 20 Treffers 2CD, 2005 EMI
  • Die Onvergeetlike, 2005
  • Gé se 20 Treffers, 2004 DECIBEL/EMI
  • Die Vergete Opnames, 2004 EMI
  • Naby My / Sailing, 2001 DECIBEL/EMI
  • Memory, 2001 EMI
  • The Heart And Soul Of Gé Korsten, GALLO
  • Sacred Songs / Gewyde Liedere, DECIBEL/EMI
  • Rina & Gé, 1993 DECIBEL
  • Grootste Treffers, MUSIC FOR PLEASURE
  • Sacred Songs, GALLO
  • Memory LP, 1982
  • Eendag LP, 1981 EMI
  • Bly By My Heer LP/CD, 1980 MUSIC FOR PLEASURE/GALLO
  • Gé & Susanne, MUSIC FOR PLEASURE/GALLO
  • Jerusalem en ander treffers LP, MUSIC FOR PLEASURE
  • Huistoe LP/CD, 1979 GALLO
  • Thank You for The Music, MUSIC FOR PLEASURE/ GALLO
  • Gé sing: TV Treffers LP/CD, 1978 MUSIC FOR PLEASURE/GALLO
  • Hier Is ´n Mens, GALLO
  • Sonder Jou LP/CD, 1976 MUSIC FOR PLEASURE/BRIGADIERS/EMI
  • Touch The Wind LP, 1974 BRIGADIERS/EMI
  • Liefling LP/CD, 1972 BRIGADIERS/GALLO
  • A New Life LP/CD, 1970 BRIGADIERS/GALLO
  • Die Hartseerwals, GALLO
  • Soet Herinnering, GALLO
  • In My Seemanshart, GALLO
  • vetseunKOOP/BUY
  • Lied In My Hart klankbaan LP (film) KAVALIER FILMS/PRIMEDIA, 1969 BRIGADIERS
  • Lili Marlene LP/CD, 1969 BRIGADIERS/GALLO
  • The Student Prince, GALLO
  • Sing, Seeman, Sing LP/CD, 1972 BRIGADIERS/GALLO
  • Mag Die Heer U Seën LP/CD, BRIGADIERS/GALLO
  • Op Toer/On Tour LP/CD, 1976 BRIGADIERS/GALLO
  • Cara Mia LP, BRIGADIERS
  • Night Of Love LP/CD, 1968 BRIGADIERS/GALLO
  • Seeman LP/CD, BRIGADIERS/GALLO
  • Sing Out LP/CD, BRIGADIERS/GALLO
  • Always LP/CD, 1967 BRIGADIERS/GALLO
  • Hits from Hear My Song / Treffers uit Hoor My Lied LP/CD/DVD
  • Kruger Miljoene & Kavaliers CD, 1967 BRIGADIERS/GALLO
  • Kruger Miljoene & Kavaliers LP, 1967 BRIGADIERS
  • Sweethearts LP/CD, 1967 BRIGADIERS/GALLO
  • Born To Sing, BRIGADIERS/GALLO
  • Sing Erika LP/CD, FAK PLATEKLUB/GALLO
  • Granada LP/CD, 1966 BRIGADIERS/GALLO
  • Sing Uit Die Hart LP/CD, 1965/1988 TEAL/BRIGADIERS/GALLO
  • Lieflike Droom LP, 1973 BRIGADIERS/EMI
  • In The Cango Caves / In Die Kango-Grotte LP, 1971 BRIGADIERS/EMI
  • Sing, Seeman, Sing LP/CD, 1969 MUSIC FOR PLEASURE/EMI/GALLO
  • On Tour LP, 1964 BRIGADIERS

Filmografie

Rolprente waarin Korsten gespeel het:

  • Kruger Miljoene, 1967
  • Hoor My Lied, 1967
  • Lied in My Hart. 1969
  • A New Life, 1970
  • Lokval in Venesië, 1972
  • Netnou hoor die kinders, 1977[3]

Bron: Wikipedia

Freddie Nest

[ 

Fredi Nester Esterhuizen (25 Maart 1959 – 3 Julie 2015) was ‘n Afrikaanse liedjieskrywer en sanger. Hy het 14 albums en een DVD oor sy loopbaan opgeneem. Van sy populêre liedjies sluit in: GetoorSê MyMeer En MeerHey DJ en Bly Net Naby My. Sy verhoognaam, Fredi Nest, is ‘n kombinasie van sy voornaam en eerste gedeelte van sy middelste naam.

] Fredi is op 25 Maart 1959 in Johannesburg, Suid-Afrika, gebore en was die oudste van vyf kinders. Hy het al van kleintyd af gesing en kitaar gespeel, maar het eers in sy laat dertigs besluit om musiek sy loopbaan te maak.

In 1995 is sy debuutalbum, Memory Train, uitgereik. ‘n Jaar later het hy die IBA-prys vir Listen To Me, as die mees gespeelde liedjie op gemeenskapradiostasies ontvang. Hy het sy deurbraak in die Afrikaanse musiekbedryf in 1999 met die album Wie is jy gemaak.

Nest het in Cullinan naby Pretoria gewoon, waar hy vir homself ‘n ateljee gebou het wat ook vir CD-opnames en produksies gebruik is.

‘n Breingewas is in Mei 2015 by hom gediagnoseer, waarna hy behandeling by die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria ontvang het. Die kanker het egter vinnig na die res van sy liggaam versprei. Hy is op 3 Julie 2015 by ‘n plaaslike hospice oorlede.

Nest het die volgende albums opgeneem:

  • Memory Train, 1995

  • Leave a Light On in, 1997

  • Wie Is Jy?, 1999

  • Goue Gunstelinge, 2001

  • Kom na my toe, 2003

  • Sê My, 2005

  • Hey DJ, 2006

  • Kom kry vir jou, 2007

  • Grootste Treffers LIVE (DVD), 2007

  • Vrystaat Limousine, 2008 SELECT

  • Dronkverliefverslaafaanjou, 2010 SELECT

  • Grootste Treffers, 2011 SELECT

  • Begin By My, 2012 SELECT

  • Desperado, 2014 SHIAM MUSIC

Bron: Wikipedia

 

Randall Wicomb

] 

 Randall Charles Wicomb (* 30 Januarie 1949 – 27 Desember 2015) was ‘n Afrikaanse sanger en driemalige wenner van die ATKV se Crescendo-sangkompetisie (1975, 1976 en 1977).

Lewensgeskiedenis

Hy voltooi sy skoolloopbaan aan die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad. Na skool doen hy militêre opleiding in die Valskermbataljon. Hy behaal die graad B.Sc Honneurs (Ekologie) aan die Universiteit van Stellenbosch, waarna hy kortstondig klasgee aan die Hoërskool Durbanville en Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch.

Hierna bekwaam hy homself as kopersmid by Pieter van Dijk se ateljees in Kaapstad waarna hy volwaardige kopersmidwerk as kuns en opdragwerk beoefen. Hy was ook ‘n ywerige antieke glasbottel-/artefakteversamelaar en het ook metaalverklikkeropsporing as stokperdjie beoefen.

Uit sy huwelik met Koba is drie kinders gebore en sy en die drie kinders Pierre-Henri, Saskia en Kobâ het as hele gesin gesamentlik of indiwidueel saam met hom opgetree.

Siekte en afsterwe

Hy is in 2013 met prostaatkanker gediagnoseer Sy lewensverhaal, getiteld “Kleur – my lewe, my lied”, is deur die bekende Pretoriase uroloog, dokter Amos van der Merwe, geskryf.[1]

Op 27 Desember 2015, as gevolg van die kanker, sterf Randall Wicomb omstreeks 03:45 in sy huis te Stellenbosch.

Diskografie

  • Kalaharikrismis
  • Hie Langes My
  • Oos Wes, Tuis Bes, 16 gedigte van ADAM SMALL met toonsettings deur Randall Wicomb
  • Die Blink Vosperd
  • Griekwa Psalms
  • Hie Neffens My
  • Uiteindelik
  • Die Rooi Rok
  • Hiep-Hiep-Hoera!
  • Hartland
  • Die boerklong se baadtjie staan punt in die wind
  • Sê Dit
  • Die boerklong se baadjie staan punt in die wind, kasset
  • Kleur

Bron: Wikipedia

 

Cora Marie

  •  

 Cora Marie, die verhoognaam van Cora Nell (1953–1994), was ‘n Afrikaanse country-sangeres. Sy reik oor haar loopbaan sowat 22 langspelers uit, waarvan 14 goue status behaal. Haar grootste treffers, waarmee sy bekendheid verwerf, was Gee haar ‘n roos en Mamma Leonie. Sy is in 1994, op 41-jarige leeftyd, aan kankeroorlede.

Biografie[

Cora Nell is op 3 Januarie 1953 in Pretoria gebore. Sy was die jongste van vier kinders en het drie broers gehad (Bobby, Jimmy en Dennis). Haar pa is in ‘n motorongeluk oorlede toe sy een jaar oud was, waarna sy in ‘n kinderhuis in Springs geplaas is.

Sy het aan talentkompetisies begin deelneem by die Hellenic Hotel in Johannesburg wat sy telkemale gewen het. In 1974 neem sy haar eerste enkelspeler, Hasta Manjana, ‘n liedjie van ABBA, in Afrikaans op. Cora tree in September 1979 met die plateregisseur Corrie Myburgh in die eg.

In 1980 verwerf sy bekendheid met haar album Lang Verlang Kontrei, waarop haar grootste treffer Gee haar ‘n roos, verskyn. In 1981 span en haar sangmaat Kupido kragte saam en hulle neem sewe langspeelplate oor die volgende 11 jaar saam op.

Cora is op 8 Julie 1994 in die ouderdom van 41, na ‘n 2-jaar lange stryd teen kanker, oorlede. Sy laat haar man, Corrie Myburg, haar ma, Rina Heinlein, en drie aangenome seuns agter.

Cora Marie se biografie,”Gee Haar ‘n Roos-Die Lewensverhaal Van Cora Marie” (ISBN 978-1-920575-13-7) geskryf deur Shaun Mynhardt is op 7 Desember 2012 vrygestel.

In Maart 2015 het die bestuurder van haar bewonderaarsklub ‘n reeks Country Huldeblyk Konserte ter ere van Cora gereël. Op 28 Maart 2015 het kunstenaars soos Min Shaw, Lance James, Tommy Dell, Shaun Mynhardt en Clive Bruce spesiaal Kaap toe gevlieg om hulde aan Cora te bring. Die konsert was uitverkoop.

Op 31 Oktober 2015 is die tweede Country Legendes-Huldeblyk aan Cora Marie (weer deur Shaun Mynhardt gereël) in Pretoria, by die Centurion Teater aangebied. Hierdie konsert was nog groter met legendes: Min Shaw, Lance James, Tommy Dell, Vicki du Preez en Shaun & Philip Mynhardt wat hulde aan Cora Marie gebring het. ‘n Spesiale toekenning van die ATKV is postuum aan Cora Marie tydens hierdie glansgeleentheid oorhandig.

Diskografie

  • Platinum Country Treffers, 2008 EMI
  • Sing Vir Die Kinders, 2008 EMI
  • Die Lewenslied van Cora Marie, CRESCENDO
  • Laat My Net Lewe, 1991 TUSK
  • Liefde In Die Reën, 1991 TUSK
  • Ek Verlang Na Jou / My Grootste Wens 7, 1986 PANORAMA
  • Voorspoedige Lewensjaar / Min Dae 7, saam met Kupido, 1984 PANORAMA
  • 50 – 50 LP, saam met Kupido, CBS
  • Country in Harmonie, saam met Kupido, 1983 CBS INC/GRAMAPHONE CO/PANORAMA
  • Die Klokkespel, saam met Laurika Rauch, Johan Stemmet en Kupido, 1983
  • U Wil Sal Geskied
  • Roos Van My Hart / Ek’s ‘n Country Meisie 7, 1983 PANORAMA
  • Hartenbos / Vioolman 7, 1983 PANORAMA
  • Wat Kan Lekkerder Wees LP, saam met Leon Schuster, 1982 RPM
  • Gee Vir My ‘n Bietjie Country / Bou Op Jou Liefde 7, 1982 PANORAMA
  • Dankie Vir Die Roos / Ek Skryf ‘n Brief 7, 1981 PANORAMA
  • Monique / My Hart Sing Alweer 7, 1981 PANORAMA
  • Briefie Uit Die See / Die Held Van Transvaal 7, 1980 EXPLOSION
  • Lang Verlang Kontrei, 1980 PANORAMA
  • Ster Van Bethlehem / Tommy Kom Terug 7, 1979 EXPLOSION
  • Veg Vir Jou Land / Vreugde Op Die Plaas 7, 1979 EXPLOSION
  • Hasta Manana / Kon Ek ‘n Lied Tog Bring 7, 1974 IRC

Bron: Wikipedia

Kupido

 

Kupido, die verhoognaam van Johannes Matheus (Johan) Wessels (Lusaka, Noord-Rhodesië, 28 Oktober 1953 – 22 Februarie 2016), was ‘n Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer van Zambiese herkoms.

Wessels is in ‘n Engelssprekende gesin gebore in die destydse kolonie Noord-Rhodesië, wat op 24 Oktober 1964, vier dae voor sy 11de verjaardag, die onafhanklike republiek Zambië geword het. Hy het ook daar skoolgegaan en toe al in konserte opgetree en in musiek belanggestel. As die oudste in ‘n musikale gesin van 12 kinders het hy op hul beesplaas altyd die voortou geneem wanneer die gesin hulself moes vermaak. Van kleins af was hy besig om kitaar te speel en liedjies te skryf. In Lusaka het hy saam met ‘n orkes, Big Gold Six, begin sing.

Die gesin Wessels het in 1979 na Suid-Afrika verhuis en hulle op ‘n plasie naby Ogies in die huidige provinsie Mpumalanga gevestig. Hier het Johan Wessels begin boer, maar later was hy ook vragmotorbestuurder, haarkapper en kok. In dié tyd het hy ‘n opdraande stryd gevoer om raakgesien te word, tot hy van sy opnames op kasset na Cora Marie gestuur het. Sy en haar man, Corrie Myburgh, het Wessels ‘nplatekontrak aangebied en besluit die naam Kupido sal beter in die musiekbedryf werk as sy geboortenaam.

Die naam Kupido is gekies omdat hy meestal liefdesliedjies geskryf en gesing het. Kupido het in 1981 saam met die sangeres Cora Marie begin optree. Sy grootste treffer, Was Ek Maar ‘n Digter, was so gewild dat die plaat goud was voor dit op die rakke beskikbaar was. In 1982 was die liedjie die enigste Afrikaanse lied op die destydse Springbokradio se top-20-treffersparade.

In 1983 is Kupido en Cora Marie se duet plaat Country in Harmonie vrygestel. Plaat na plaat het gevolg, met meeste van die oorspronklike Afrikaanse liedjies uit Kupido se eie pen. Hulle het vir 11 jaar saamgewerk tot Cora se afsterwe in 1994.

Kupido se talent as liedjieskrywer is oral bekend en hy het groot treffers vir sangers soos Cora Marie, Johan Stemmet en Laurika Rauch geskryf.

Kupido het in 1997 die groep Quattro begin saam met sy broer Alan Ladd en sy susters Cleo en Angela

Kupido het ‘n gospelalbum U Regte Weë in 2009 uitgereik.

In 2012 deel hy sy herinneringe oor wyle Cora Marie in die biografie “Gee Haar ‘n Roos-Die Lewensverhaal van Cora Marie” met die skrywer Shaun Mynhardt. Hy is op Maandagoggend, 22 Februarie 2016 in sy slaap oorlede aan hartversaking in Middelburg tydens ‘n besoek aan sy suster. Hy was 62 jaar oud.] Sy begrafnis het plaasgevind op die plaas Karibuni, distrik Zeerust, Noordwes, op Vrydag, 26 Februarie 2016.

Diskografie

  • U Regte Weë, FANTASIA
  • Terug uit Afrika, FANTASIA
  • Die Wessels Familie(in harmonie)
  • Deur Die Bloed Gebind, FANTASIA
  • Heart And Soul Of Kupido, CRESCENDO
  • Was Ek Maar ‘n Digter, PANORAMA
  • Dis Kersfees, Lui die Klokke (Kersfeesalbum saam met Jurie Els, Cleo, Sonja Herholdt Simeon Hamman en Mike & Eileen),1996 BMG (nou Sony)
  • Liefde Sal Oorwin
  • Country in Harmonie, saam met Cora Marie, 1983 CBS INC/GRAMAPHONE CO/PANORAMA
  • 50 – 50 LP, saam met Cora Marie, CBS
  • Warm Country Hart / Jy Is Hier By My 7, 1985 PANORAMA
  • Voorspoedige Lewensjaar / Min Dae 7, saam met Cora Marie, 1984 PANORAMA
  • Die Klokkespel, saam met Laurika Rauch, Johan Stemmet en Cora Marie, 1983
  • Was Ek Maar ´n Digter / Vanaand Verlang Ek 7, 1982 PANORAMA

Bron: Wikipedia

 

Lucas Maree

Lucas Lodewyk Maree (22 Julie 1952 – 18 Februarie 2011) was ‘n bekende Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy was veral bekend vir sy treffer Ek sou kon doen met ’n miljoen. M-Net het byvoorbeeld die liedjie vir hulle TV-reeks “Doen met ‘n Miljoen” gebruik.

Maree is op 22 Julie 1952 in Johannesburg, Suid-Afrika gebore. Hy gaan skool by die Laerskool Danie Malan in Pretoria-Noord en matrikuleer later vanaf die Hoërskool Langenhoven.

Hy verwerf die volgende kwalifikasies: BA Drama aan die Universiteit van Pretoria asook Nasionale Diplomas vir Film-produksie Tegnici en Fotografie.

Hy trou in 1981 met Ilse en skryf in 1982 sy eerste Afrikaanse liedjie.

Maree is in 2009 met prostaatkanker gediagnoseer. Hy is op 18 Februarie 2011 aan nierversaking by die Hill & Dale-versorgingsoord oorlede. Hy laat sy vrou, Ilse en dogters Monica (ook ‘n sanger en liedjieskrywer), Linda en Carla agter.

Loopbaan

Maree het vir die grootste gedeelte van sy loopbaan Engelse musiek in kroeë en restaurante in en om Pretoria en Johannesburg gespeel onder andere “After dark” en “Fonteine pub en grill” . Gedurende 1981 begin hy in Afrikaans skryf, nadat hy onder die invloed van ‘n vriend by Jannie du Toit se huiskonserte ‘n draai gaan maak het, en onder andere vir Coenie de Villiers daar hoor sing het.

Die drie musikante is van toe af groot vriende en het dikwels saam opgetree.

Sy eerste plaat, Kiekies, word in 1984 vrygestel. In 1986, werksaam by Nic Taylor se ateljee, maak hy ‘n tweede plaat saam met Coenie, Jannie en Nic. Dit is ʼn huldigingsalbum opgedra aan Koos du Plessis. Die titel is Koos se Plaat Gedurende 1988 raak hy betrokke by Anton Goosen en dié verbintenis lei tot die stig van ‘n groep met die naam Die Kommissie van Ondersoek asook ‘n album getiteld Die winde van verandering.

Vyf jaar later, onder die aansporing van Jannie du Toit maak Lucas sy eerste CD, Miljoen. Gedurende 1996 maak hy ‘n tweede CD Kiekieskonsert. Die album was baie gewild as gevolg van die LIVE elemente en die stories wat hy tussen die liedjies vertel. Tydens 1998 maak hy die album Mot om die Kers, wat ‘n SAMA-toekenning wen vir die Beste Afrikaanse album. In 2000 maak hy die album Blouberg wat omstrede was weens die feit dat dit uit die herskryf van ‘n aantal ou tradisionele Afrikaanse Volksliedjies bestaan het. ‘n Paar mense en instansies sou voel dat hy ‘n paar heilige koeie negatief aangetas het. Nietemin was die album baie gewild.

In 2001 tree hy weereens in die buiteland op, en wel in Londen tydens die eerste UKKASIE kunstefees by die Wembley-stadion. Hier loods hy die album Things, sy eerste Engelse CD asook die eerste Suid-Afrikaanse CD wat in Londen vrygestel word. Hy tree ook daardie jaar vir die eerste keer in Nieu-Seeland op.

Gedurende 2002 maak hy die album Lucas & Kie, sy eerste “Greatest Hits” en dit verkoop besonders goed. Vir die volgende twee jaar tree hy gereeld in Engeland, Nederland, Kanada, Nieu-Seeland en Australië op. Hy was ook een van die min Afrikaanse sangers wat die geleentheid gehad het om op die Royal Albert-saal se verhoog in Londen op te tree.

Hy speel vir die eerste keer in ‘n film Ouma se slim kind in 2005. Sy liedjies verskyn later in ‘n boek waarin al die akkoorde en klavier- en kitaarverwerkings opgeneem is.

In 2007 besluit die Soweto-strykkwartet op twee van sy liedjies vir hulle nuwe CD.

In 2008 maak Lucas die eerste Blu-ray HD dvd in Afrikaans verfilm deur Blixem Produksies waar hy van sy jare lange kollegas soos Jannie Du Toit, Christa Steyn, Coenie de Villiers, Mathys Roets, Andre Swiegers asook sy twee dogters, Monica en Linda hom vergesel op die verhoog om van sy grootste treffers uit te voer.

In 2009 stel hy die laaste album wat hy self aan gewerk het vry naamlik ” Lankverwag”. Hierop verskyn ‘n paar nuwe liedjies sowel as covers van van sy gunsteling Afrikaanse liedjies soos ” Liedjie vir jou” ” Onder in my whisky glas” “Klein karoo” saam met Ollie Viljoen en vele meer.

In 2010 na dit bekend gemaak is dat Lucas met kanker gediagnoseer is het Alexa Strachan saam met Mathys Roets en Mathys Maree in same werking met Sarie Tydskrif aan ‘n ensemble projek genaamd ” Een uit ‘n miljoen – Vir Lucas” begin werk waar verskeie kunstenaars hulle weergawe van Lucas se bekende treffers doen. Kunstenaars soos Mathys Roets, Coenie De Villiers, Laurinda Hofmeyer, Steve Hofmeyer, Kurt Darren, Richard van der Westhuizen, Lochner de Kock, Jannie du Toit, Christa Steyn, Anton Goosen, Dozi, Danie Niehaus, Kevin Leo, Jannie Moolman, Schalk Joubert en vele meer verskyn op die album.

In 2011 is Plakboek vrygestel na Lucas se dood en 2012 is ” Met liefde van Lucas” vrygestel met Lucas se liefdes ballades op.

Diskografie

Enkele van Maree se albums:

  • Met liefde van Lucas – 2012
  • Plakboek – 2011
  • Een uit ‘n Miljoen – Vir Lucas – Verskeie 2010
  • Lucas Maree en Vriende CD/DVD, 2009 MILJOEN MUSIEK/SELECT
  • Lankverwag, MILJOEN MUSIEK/SELECT
  • Lucas Maree: Musiek en lirieke boek, 2007 LAPA
  • Lucas & Kie, 2002 JNS MUSIEK
  • Things, 2001 JNS MUSIEK
  • Blouberg, 2001 JNS MUSIEK
  • Mot Om Die Kers, 1998 JNS MUSIEK
  • Die Kiekies Konsert: Weer ´n Keer, 1996 JNS MUSIEK
  • Miljoen, 1993 JNS MUSIEK
  • .. LP/CD, 1984 INHUIS/TRIO

Bron: Wikipedia

Koos Du Plessis

 

Jacobus Johannes du Plessis is op 10 Mei 1945 in die distrik Rustenburg gebore waar sy ouers geboer het. Toe sy ouers hul plaas verloor, het die Du Plessis’s na Springs verhuis waar Koos ‘n groot deel van sy kinderlewe gewoon het. (Hy het later ‘n liedjie oor die dorp en sy lewe hier, genaamd Molberge (Herinneringe aan Springs), op sy tweede album opgeneem.) Du Plessis het aan die Laerskool Pam Brink en Hoër Seunskool Hugenote skoolgegaan. Toe hy in standerd agt (graad 10) was, het hy ‘n poging aangewend om sanglesse te neem, maar hy is deur die musiekonderwyseres afgeraai weens ‘n skynbare gebrek aan vaardigheid.

Loopbaan as joernalis

Hierna word hy in 1967 koerantman wat vir die res van sy werkloopbaan as joernalis, subredakteur en nuusredakteur by verskeie publikasies werk. Eers bly hy in Springs by sy ouers en werk in Johannesburg by Die Vaderland. Later trek hy egter na ’n woonstel in Joubertpark in Johannesburg. Hy is op 22 Junie 1969 getroud met Mornay du Plessis van Standerton, wat hy reeds in 1964 in Pretoria op universiteit ontmoet. Sy is die tweede oudste dogter van die bekende pastoor Justus du Plessis van die Apostoliese Geloofsending. Hulle het ’n kort wittebrood in Europa. Daarna gaan woon hulle in Amanzimtoti in Natal, waar Koos in 1970 by Die Nataller werk as nuusredakteur en hoofsubredakteur en later bevorder word tot adjunkredakteur, en Mornay skoolhou. Aan die einde van 1971reis hulle deur Europa en besoek onder andere Frankryk, Spanje, Nederland en Duitsland. Die idee was eintlik om ’n baie langer reis te onderneem, maar Koos word baie siek en hulle keer eerder terug huis toe. Dan woon hulle vanaf 1972 in Randburg, waar Koos weer by Die Vaderland werk. In hierdie tyd skryf hy deeltyds in by die Universiteit van die Witwatersrand en verwerf ’n B.A. Honneurs-graad in Afrikaans-Nederlands.

Teen die einde van 1972 kry hy ’n aanstelling by Oggendblad in Pretoria, waar hy uiteindelik vir ’n dekade sou werk as subredakteur, nuusredakteur en hoofsubredakteur. Hulle woon eers in ’n woonstel in Sunnyside, maar in 1973 met die geboorte van Irma, hulle eerste dogter, bou hulle ’n huis in Wierdapark, ’n voorstad van Centurion naby Pretoria, waar hy tot met sy dood woon. Hier word sy ander twee dogters, Karien en Karla, in onderskeidelik 1974 en 1975 gebore. Karla volg in haar vader se voetspore en neem verskeie CD’s op. In 1983 sluit hy as subredakteur aan by Die Transvaler.

Reeds as jong seun toon hy groot aanleg vir musiek en bespeel sy ouma se traporreltjie, wat later ’n ereplek in sy eie huis gekry het. In standerd agt wend hy ’n poging aan om musiekles te neem, maar die musiekonderwyser ontmoedig sy ma omdat dit volgens hom ’n mors van geld sou wees! As student ontdek hy die ghitaar, wat sy gunsteling instrument sou word en bemeester met die hulp van ’n vriend die drukke. Hy onderskei hom as liedjieskrywer van formaat, wat veral met sy trefferliedjie Kinders van die wind (gesing deur Laurika Rauch) bekendheid verwerf. Dit word die temalied vir die televisiereeks Phoenix en Kie, haal die Duitse en Franse trefferslyste en word deur verskeie kunstenaars reg oor die wêreld opgeneem, onder andere deur Richard Clayderman. Koos skryf reeds liedjies tydens sy studentejare aan die Pretoriase Onderwyskollege en Kinders van die wind is reeds in 1968 geskryf

1975–79: Eerste blootstelling

In 1975 het Karl Theunissen, ‘n vriend van Du Plessis, ‘n kassetopname van laasgenoemde se musiek na Nick Taylor geneem.[5] Taylor was die bestuurder van die onafhanklike platemaatskappy Incline House-musiek en het ‘n tuisateljee gehad. Twee jaar later het Du Plessis op die televisie-program Perspektief (met Theunissen as regisseur) drie van sy liedjies gesing en dit opgevolg met nog optredes op die program Musiek en Liriek. ‘n Reeks konserte by Die Laager by die Markteater in Johannesburg het gevolg.

1979–84: Suid-Afrika neem kennis

Die TV-regisseur Katinka Heyns was in 1979 op soek na ‘n temaliedjie vir haar komende reeks Phoenix en kie. Sy het Du Plessis se liedjie Kinders van die wind (wat toe reeds tien jaar vantevore geskryf is) ontdek en besluit om dit te gebruik. Sy het egter besluit om ook drie ander liedjies van Du Plessis (Sprokie vir ‘n stadskindSkielik is jy vry en Somer is verby) by die reeks in te sluit wat, tesame met die temaliedjie, almal deur Laurika Rauch gesing is. Phoenix en kie was die deurbraak wat beide Du Plessis en Rauch nodig gehad het om hul loopbane van die grond af te kry. Rauch het twee weke later ‘n kortspeler van Kinders van die wind uitgereik wat sewe weke later goue status bereik het

Na die sukses van die reeks het Taylor en Du Plessis in dieselfde jaar begin om aan laasgenoemde se eerste album, met die titel Skadu’s teen die muur te werk. Die album is in 1980 uitgereik. Behalwe vir die vier liedjies wat in Phoenix gebruik is, het die album verskeie ander liedjies ingesluit wat later ewe bekend geword het, soos die titelsnit, Herman (‘n ode aan ‘n afgestorwe vriend), Op die pad na Nooitgedacht en As jy my kon volg. Laasgenoemde is na sy dood hermeng met ‘n opname van sy dogter Karla, sodat sy en haar pa ‘n postuum-“duet” kon sing. Die album Skadu’s teen die muur is benoem as Afrikaanse Langspeler van die Jaar tydens Springbok Radio se SARI-toekennings en Kinders van die wind het die SARI-toekenning vir Liedjie van die Jaar ontvang.[5]

Skryfwerk

Die lirieke van sy bekendste liedjies word in die bundel Kinders van die wind gepubliseer. T.T. Cloete beskou hierdie werk soos volg: “In sy soort is die werk van Koos du Plessis goed, en in sy direktheid en eenvoud is dit beter poësie as baie van die hooggestemde verse wat wil deurgaan vir die poësie”. Sy temas is verganklikheid, menslike verhoudings se dinamiek en broosheid en die krag van herinneringe en drome, terwyl hy deurentyd ’n skerp insig wys in die menslike kondisie.

Na sy dood verskyn daar in 1985 ’n versameling van sy nagelate verse, Om jou verlaas te groet en in 1995 ’n verdere versameling onder die titel Skink nog ’n uur in my glas, wat beide lirieke en gedigte insluit. Al sy voorheen gepubliseerde liedjies en verse, plus ’n groot aantal wat voorheen ongepubliseer was, word saamgevat in die versamelbundel van sy werk wat onder die titel Erfdeelgepubliseer word. Hierdie bundel bevat ook ’n voorwoord deur die samesteller, sy dogter Irma du Plessis, en ’n oorsig oor sy lewe en musiek deur Andries Bezuidenhout.

Sy verse word opgeneem in verskeie versamelbundels, waaronder Groot verseboekDie Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigteDie dye trek die dye aan en Goudaar.

Sy kortverhaal Om ’n misdaad te skep word in die Februarie 1980 uitgawe van Tydskrif vir Letterkunde gepubliseer.

Eerbewyse

Met 25 000 verkope van Kinders van die wind verower hy in 1979 ’n goue plaat en word dan ook die eerste komponis wat so ’n toekenning verwerf, aangesien goue plate gewoonlik slegs aan uitvoerende kunstenaars toegeken word. In 1980 ontvang Koos ook ’n Sarie-toekenning vir Kinders van die wind as Die Liedjie van die Jaar. In 2013, in ’n omvattende en landwye veldtog wat deur Maroela Media aangebied is, word Kinders van die wind aangewys as die grootste Afrikaanse liedjie van alle tye.

In 1982 word sy tweede album As almal ver is, benoem vir ’n Sarie-toekenning as Afrikaanse Langspeler van die Jaar.

Op 9 Augustus 1983 kry hy ’n oorkonde van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) uit erkenning vir sy bydrae tot die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur.

Na sy dood word daar op verskeie maniere hulde gebring aan hom. Verskeie kunstenaars neem van sy liedjies op en Johannes Kerkorrel en Piet Smit stel albums vry waarop hulle slegs sy liedjies sing. ’n Dokumentêre televisieprogram oor sy lewe, Koos Doep – Kind van die wind word vervaardig en in 1986 uitgesaai. In 1987 word die album Koos se plaat – ’n Huldeblyk aan Koos du Plessis deur Nick Taylor, Lucas Maree, Jannie du Toit en Coenie de Villiers opgeneem en in 2004 verskyn die album Koos du Plessis: 20 jaar later, waarop kunstenaars soos Laurika Rauch, Theuns Jordaan, Matthys Roets, Lucas Maree, Johannes Kerkorrel, DoziAmanda Strydom, Jannie du Toit, Karla du Plessis en Steve Hofmeyr van sy liedjies vertolk. ’n Musikale produksie van sy liedjies, Skadu’s teen die muur, word onder die regie van Stephan Bouwer vanaf 1992 vir etlike jare gereeld opgevoer deur Jannie du Toit, Christa Steyn, Marié du Toit en Anna Davel.

P.G. du Plessis skryf die musiekteaterstuk Nagkantoor oor sy lewe wat in 2004 by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees en daarna op verskeie plekke in die land opgevoer word. ’n Album van hierdie drama word ook vrygestel. In 2004 kry hy postuum die Huisgenoot Skouspel-toekenning vir lewenslange bydrae tot Afrikaanse musiek.[6]

Ook in Nederland maak sy liedjies opslae wanneer dit daar ontdek word en in 2009 word ’n CD met Nederlandse vertalings en vertolkings daarvan deur van Nederland se bekendste sangers vrygestel.

Du Plessis was lidmaat van die Gereformeerde kerk Wierdapark in Centurion en is uit dié kerk begrawe.

Gepubliseerde werke

  • Erfdeel(2004) ISBN 1-919980-20-2
  • Om jou verlaas te groet: nagelate verse(1985) ISBN 0-7981-1871-7
  • Skink nog ʾn uur in my glas: nagelate verse(1995) ISBN 1-874901-41-4
  • Die Land van Blou Saffiere(2010) ISBN 9789081565912

Bron: Wikipedia

Worsie Visser

Worsie Visser (1963 – 4 Mei 1998) was ‘n bekende Afrikaanse sanger. Visser was bekend vir liedjies soos Lekker ou JanEk en My MeisieBoesmanlandGee die Hond Wind en Osbraai op Kromdraai. Hy is op 35-jarige ouderdom in ‘n vliegtuigongeluk by Saldanha oorlede. Ná sy dood het dit bekend geword dat sy stembande besig was om in te gee en dat sy sangloopbaan waarskynlik verby was.

Visser se broer, Michiel, het die baskitaar in Worsie se Boesmanland-orkes gespeel. Hy het later self ‘n paar CD’s uitgereik, onder andere Kom kuier by myLekker BoesmanlandHier’s ek weer en Bitter snare.

Een van Worsie se kitaarspelers, Zirk Bergh, later ‘n sanger uit eie reg, het homself en verskeie ander op 14 Desember 2013 om die lewe gebring.

Diskografie

  • Die Boesmanland Bundel, 2009
  • Dis My Kontrei
  • Vroeteltreffers Uit Boesmanland, 2004
  • Res Van Die Bes – Nog Meer Treffers Van Doerietyd
  • Seun Van Bitterfontein
  • Treffers Van Doerie Tyd Tot Nou,2004 TRIO
  • Ou Bokke En Groen Blare
  • Gee Die Hond Wind
  • Lekker Ou Jan, 1997 TRIO
  • Pa Se Klong LP,1991 VENUS/TRIO
  • My Hart Is Daar LP,1988 TRIO
  • Gee Hom Gas
  • Dis My KontreiLP
  • Die WP Bossanova / Dankie Is Maar Al 7, 1965 VENUS

Bron: Wikipedia

.

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*