Boereworspasteie

Ek kan nie een padkoskosbak uit my kindertyd onthou wat nié Boerewors ingehad het nie. Hierdie pasteie word van boerewors gemaak, is maklik om met die hand te eet, en smaak vorentoe.
1 kg boerewors Olie, vir braai 2 x 400 g rolle skilferkorsdeeg 2 eiers, geklits
Druk die worsvleis uit die derms en vorm in 8 ewe groot frikadelle. Druk die frikkadelle platter tot ongeveer 1 cm dik Verhit ’n bietjie olie in ’n swaarboompan en braai die plat frikkadelle daarin tot goudbruin aan die buitekante, maar nog nie heeltemal gaar van binne nie. Skep uit die pan en laat afkoel. Voorverhit die oond tot 200°C. Rol die skilferkorsdeeg op ’n meelbestrooide oppervlak ’n bietjie dunner uit en druk 16 sirkels daaruit, sowat 2 cm groter in deursnee as die vleiskoekies. Sit ’n afgekoelde vleiskoekie op 8 van die sirkels Deeg en verf die deeg rondom met geklitste eier. Sit die res van die deegsirkels Bo-op en seel die kante goed. Versier die pasteie Bo-op met afvalstukkies deeg, as jy wil. Smeer nou elke pastei Bo-op goed met geklitste eier. Sit die pasteie op uitgevoerde bakplate en bak vir 10 minute. Draai die oondtemperatuur laer, tot 180°C en bak vir nog ongeveer 20 minute, tot die pasteie goudbruin is. Haal uit die oond en laat afkoel. Pak in ’n lugdigte houer wat met kombuispapier uitgevoer is. Lewer 8 pasteie Bron: Landbou Leefstyl.

Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply