Drie-sitrus-marmelade

Drie-sitrus-marmelade
Die kombinasie van die drie soorte sitrus sorg vir ’n besonderse geur. Marmelade is nie net lekker op roosterbrood of in gebak nie, maar is heerlik om te gebruik as jy hoender, eend of geveerde wildoond rooster. Verdun dit met ’n bietjie water of lemoensap en smeer dit oor die vel voor jy die vleis bruin bak.
1 groot pomelo 4 lemoene 2 suurlemoene Ongeveer 2 liter water Suiker
Skil die vrugte dun af – probeer om so min as moontlik van die wit van die skil te kry – en hou eenkant. Sny die wit van die heel vrugte af en sny die vrugte in stukkies. Meet die vrugtestukkies af en sit in ’n groot kastrol. Vir elke 250 ml vrugte, voeg 500 ml water by.
Verhit tot kookpunt en laat prut vir ongeveer 30 minute. Giet die pulp weer in ’n (vuurvaste) maatbeker, meet hoeveel milliliter pulp daar is en giet terug in die kastrol. Voeg vir elke 250 ml pulp 250 ml suiker by.
Roer tot die suiker opgelos is. Voeg nou die repies sitrusskil ook by. Verhit tot kookpunt en prut vir ongeveer 25 – 30 minute tot die mengsel setpunt bereik.
Verwyder van die hitte, laat staan vir ’n paar minute en skep ingesteriliseerde flesse. Verseël dadelik.
Lewer sowat 1,8 liter marmelade. Bron: Landbou ~ Leefstyl.

Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply