KERRIEVIS (INGELEGDE VIS)

1,75KG geelbek, kabeljou, koningklip of enige droë wit vis (ek verkies stokvis wat baie goed werk). Sout en Peper 4 Middelslag uie 125ml (1/2 koppie) Suiker 45ml (3 e) Matige Kerriepoeier 15ml (1 e) Borrie 2,5ml (1/2 t) Rooipeper (opsioneel) 750ml (3 k) Asyn 125ml (1/2 k) Water 6 Gekneusde Suurlemoenblare of lourierblare
Maak die vis skoon en sny in mootjies. Strooi sout en peper liggies oor. Skil en sny die uie in dun ringe Meng die suiker, kerriepoeier, borrie, 20ml (4 t) sout, rooipeper (indien gebruik), asyn en water in ‘n groot platboomkastrol (nie ‘n yster of aluminiumkastrol nie). Voeg die uieringe en suurlemoen/lourierblare by en kook 20 tot 30 minute. Sit die vismootjies versigtig in die mengsel sodat almal bedek is en kook nog 20 minute of tot vis goed gaar is. Skep af en toe van die kerriesous oor die vis en draai die mootjies om indien nodig. Pak die vis in lae in bottels of ‘n erdebak en giet van die warm kerriemengsel oor elke laag sodat dit heeltemal bedek is. Giet die res van die sous Bo-oor en laat afkoel. Verseël en bêre op ‘n koel plek. Die vis sal na twee of drie dae reg wees om te eet.
Deur: Yolanda Mills

Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply