Broodpoeding met appel en kaneel

Broodpoeding met appel en kaneel
15 min.Bereiding
6Porsies
25-30 min.Gaarmaak
Bestanddele
1 x brood van ’n dag oud of 10 snye brood 1 x 410 g-blik appelstukke, gedreineer 2 kaneelstokkies, gebreek (opsioneel) EIERVLA 4 eiers 500 ml (2 k) melk 2,5 ml (½ t) fyn kaneel AFRONDING 60 ml (¼ k) botter, gesmelt 60 ml (¼ k) ligte bruin­suiker 2,5 ml (½ t) fyn kaneel VIR VOORSIT 125 ml (½ k) room, styfgeklop Metode
15 min.
Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit 4-6 klein oondbakkies of 1 middelslag-oondbak goed met kossproei.
Breek die brood in grow­we stukke. Pak die brood- en appelstukke in die oondbak- of bakkies. Plaas die kaneelstokkies bo-op, indien verkies. Eiervla: Klits al die bestanddele goed saam en giet eweredig oor die brood. Afronding:Bedruip die broodmengsel met die botter. Meng die suiker en kaneel goed en sprinkel bo-oor die poedings. Bak die poedings 25-30 min. of tot die eier­vla heeltemal gestol is. Vir voorsit:Sit die warm broodpoedings voor saam met die geklopte room. Dis nie altyd nodig om duur bestanddele vir ’n heerlike Sondagpoeding te koop nie. Dié broodpoeding is die ideale resep vir oorskietbrood – die appel kan met enige ander geblikte vrugte of rosyntjies vervang word.
Bron: Huisgenoot wen resepte, foto: Pixabay netradiosa.co.za/?p=8354

Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply