PAMPOEN POFFERS

Hierdie is die lekkerste Pampoen koekies. Ek het die resep by n tannie gekry
Jy benodig 500ml gaar pampoen 50ml gesmelde margarien 50ml bruinsuiker 5ml vanielje geursel 2 eiers liggies geklits 125ml koekmeel 5ml bakpoeier Bietjie fyn kaneel en ekstra bruinsuiker vir bô -oor sprinkel.
Verhit die oond tot 190 C en smeer muffin pannetjies. Meng al die bestandele saam. Skep mengsel in pannetjies en sprinkel bietjie fyn kaneel en bruin suiker oor. Bak vir 30 minute of tot gaar.
Karamelsous: 250ml melk of room 125ml suiker 50g botter 5ml karamel of vanielje geursel
Los op en kook vir 5minute. Verdik met bietjie maizina (in Klein bietjie water opgelos) Kook tot verlangde dikte. Skep lepels vol van die warm sous oor die pampoen koekies sodra dit uit die oond kom. Laat staan sodat sous in die pampoen koekies kan intrek. Afhangende van die muffin pannetjies se groote kry ek sô +/- 12 tot 21 koekies. Dis heerlik smaak soos poeding Bron: onbekend Plasing: Kaukus Plaaskombuis Foto: Internet, baie dankie.  





Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply