HERTZOG KOEKIES:

KORS: 450ml koekmeel(ongesif afgemeet) 35ml strooisuiker 10ml bakpoeier 1ml sout 125g margarien by kamer temperatuur 15ml koue water 3 gele van ekstra groot eiers VULSEL: 50-75ml fyn appelkooskonfyt 3 eierwitte van ekstra groot eiers 300ml suiker 500ml klapper
KORS: Sif die koekmeel, strooisuiker, bakpoeier en sout saam. Vryf die margarien liggies met vinger punte in tot goed gemeng. Klits die eiergele en water effens, voeg by die meelmengsel en meng tot ‘n sagte, hanteerbare deeg. Voeg nog ‘n bietjie water by as die deeg te styf is. Knie die deeg goed. Bedek en laat eenkant staan. Voorverhit die oond tot 180C. Smeer die holtes van kolwyntjiepannetjies. Rol die deeg dun uit op ‘n meelbestrooide werkoppervlak. Druk groot sirkels met ‘n koekiedrukker uit en voer die panne en holtes daarmee uit. VULSEL: Skep ‘n teelepel appelkooskonfyt in die middel van elke korsie. Klits die eierwitte tot styf. Klits die suiker geleidelik in. Roer die klapper in. Skep lepelsvol van die vulsel op die appelkooskonfyt op die korsies. Bak die koekies 20-25 minute op die middelste oondrak. Laat hulle effens in die panne afkoel. Lewer 12-15 porsies.





Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply